EFF se boodskap aan die mense van Du Noon

Ons sien elke dag hoe mense in haglike omstandighede bly, en hoe hulle later so gewoond raak aan hul omstandighede, dat hulle dit dan so aanvaar en as normaal beskou.

Een van die groot probleme in Du Noon is die oorbevolking. Meng dit met ‘n tekort aan dienslewering en die verskeie sosiale euwels wat daaruit voortspruit en dis die resep vir opstande  soos ons nou sien in Du Noon en elders in die provinsie.

Deur die onvermoë om dienste te lewer het die burgemeester Patricia de Lille en die Stad Kaapstad dus nie opposisie politieke partye nodig om mense aan te hits nie, want sy en haar stadsraad slaag baie goed daarin op hul eie.

Elkeen het die reg tot waardigheid in die buurte waarin hulle woon. En hoe kan ons ook vergeet hoe die agbare burgemeester en haar amptenare met maskers voor die mond en neus loop wanneer hulle sulke buurte gaan besoek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: